‘n Lekkende dak het vir ‘n geruime tyd groot ontwrigting by die Lady Grey Tots Academy veroorsaak. Elke keer wanneer dit gereën het, moes juffou Charlene Vorster en haar kleuterskoolkinders worstel om alles droog te hou.
Chris Oosthuizen het hiervan te hore gekom en uit sy eie besluit om te help. Hy het sy bekwame instandhoudingspersoneel beskikbaar gestel om die lekkende dak te herstel. Hulle het nuwe kappe gemaak en opgesit, geuwelkoppe opgebou en die dakplate herstel.
Chris het self die onkoste van die arbeid, asook die pleistersand wat gebruik is, gedra.
Die Lady Grey Kunste-Akademie het groot waardering vir Chris se besondere gesindheid en bydrae. Baie dankie, Chris.



