Spiksplinternuwe snoepie


Spiksplinternuwe snoepie

Die skool se snoepie spog met ‘n nuwe voorkoms en ‘n nuwe span bestuurders. “Tannie Bettie”, soos al die leerders haar ken, het aan die einde van die eerste kwartaal besluit om af te tree en die skool moes vinnig ‘n plan maak om te verseker dat die leerders se honger magies vol bly.

Snoepie bestuurders
Die persononeellede van die Grondslagfase het die bestuur van die snoepie oorgeneem en die leerders verras met ‘n splinternuwe snoepie aan die begin van die tweede kwartaal. Die snoepie spog met ‘n nuwe laag verf en nuwe gordyne.

Nuwe snoepie2
Die leerders het ook ‘n nuwe verskeidenheid versnapperinge om van te kies om die lang skooldag so ‘n bietjie korter te maak.
Baie geluk aan die Grondslagfase met hul pragtige snoepie – ons kan nie wag om te sien wat julle nog vir ons gaan voorberei nie!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *