Musieknuus


Die eerste kwartaal van 2017 was baie bedrywig en suksesvol vir die instrumentaliste van Lady Grey Kunste-Akademie.

Daisy Melnyczuk, van "Project Trust", het nou die kitaar-onderrig begin en sy het reeds ses leerlinge.

Daar was meestersklasse vir die blokfluite en fluite, asook 'n ensemble werkswinkel.

Elke graad 3 leerling het 'n blokfluit ontvang en het weekliks groepsonderrig daarin.

Die Junior Koor het hard voorberei vir hulle deelname aan die Lady Grey Passiespel en het elke oomblik daarvan geniet.

Die akademie spog nou met sy eie orkes wat van hierdie jaar af saam oefen en wat opgetree het in die Passiespel.