Februarie is verjaarsdagtyd


LADY GREY KUNSTE-AKADEMIE VIER AGT VERJAARSDAE

Dit is nie al dag wat drie leerkragte op dieselfde personeel op dieselfde dag verjaar nie, wat nog te sê van die skoolhoof en die onderhoof!  Elke jaar word daar met groot opwinding gewag vir die 8ste Februarie – ‘n dag waarop die Akademie groot makietie hou.

Die skoolhoof, mnr. Bekker, het op 8 Februarie verjaar en deel elke jaar hierdie spesiale dag met twee ander leerkragte – Mev. Prinsloo, die onderhoof, en Mev. Smith, die Engels Huistaal onderwyser in die Senior Fase.

Hierdie jaar het die leerders die spesiale dag op Vrydag 6 Februarie  gevier en op ‘n spesiale wyse geluk gesê aan mnr. Bekker, mev. Prinsloo en mev. Smith.

Die leerders, onder leiding van die leerlingraad, het tjoepstil die skoolvierkant binnegekom terwyl die personeel besig was met hul daaglikse vergadering voor skool.  Te danke aan die lang lys punte wat bespreek moes word en ‘n paar onderwysers wat vir meneer ‘dringend’ moes spreek na afloop van die vergadering kon die leerlingraad almal betyds binne kry vir die groot verassing.

Nadat mnr. Bekker na die dringende sake geluister het, was dit tyd om die dag te begin en na sy kantoor te beweeg om die aankondigings vir die dag te maak.

‘n Skare leerlinge het hom en mev. Prinsloo ingewag om hul geluk te wens met ‘n koorsang ‘happy birthday’, ballonne, blinkers, kaartjies en geskenke.  Al was hulle verjaarsdag eers die Sondag het hulle die Vrydag die skool bederf met elke leerder wat ‘n heerlike yskoue ysie ontvang het – baie dankie!

Nie net verjaar drie leerkragte op dieselfde dag nie, maar 5 ander personeellede vier ook hul verjaarsdag in Februarie.  Mej. Marcelle Botha en mev. Marietta Linde het op 9 Februarie verjaar.  Mev. Thelmi Venter verjaar die 12de Februarie, mnr. Viljoen Mathee verjaar die 15de en mev. Josephine van Zyl verjaar die 28ste Februarie.  Altesaam 8 verjaarsdae in een maand op een personeel – dit wil gedoen word!

Kyk hier na die groot foto collage.

Weereens baie geluk aan al die onderwysers.  Dankie vir al die harde werk en ure wat julle insit.  Mag daar nog vele gelukkige jare by die Akademie wees.

“Those who educate children well are more to be honoured than they who produce them; for these only gave them life, those the art of living well” -Aristotle –

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *