Die kunste kraai koning!


DIE KUNSTE KRAAI KONING vanjaar op Lady Grey 7 – 9 Augustus 2015

Dit is vanjaar die Lady Grey Kunste-Akademie se 20ste bestaansjaar en die akademie gaan dìe groot gebeurtenis in styl vier.  Die afgelope 20 jaar gaan gevier word met ‘n tjok-en-blok feesprogram wat iets vir almal inhou.  Hierdie fees is uniek omdat slegs kunstenaars wat bande met die skool of die dorp het, aan die fees mag deelneem.  Die naweek is ook ‘n groot reünienaweek vir al die oudskoliere en oudonderwysers van die afgelope 20 jaar.

Met kunstenaars soos Jay (Jaco du Plessis), Isak Davel, Mirinda Mokhele (TV-aanbieder en aktrise), Landman Jv Rensburg en Liezel de Kock om maar ‘n paar te noem, beloof die fees om ‘n naweek van pret en plesier vir oud en jonk te wees.  Feesgangers kan uitsien na ‘n naweek propvol drama, musiek, dans en sang.  Die kleinspan kan uitsien na kort werkswinkels in al die kunstevorme vir die kunstenaar wat in elkeen van hulle skuil.

Skryf die datums reeds nou in jou dagboek, want dit is ‘n geleentheid wat nie gemis kan word nie.

Vir navrae skakel:

Hendrik Bekker (082 573 7082)

Thelmi Venter  (073 879 7059)

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *