Van saai na fraai
Aan die einde van die eerste kwartaal het die kennisgewingborde van die Lady Grey Kunste-Akademie ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
Mev. Cock se kreatiewe hand het gesorg dat die skoolvierkant nou spog met vrolike en kunstig-versierde kennisgewingborde. Baie dankie vir die inisiatief en moeite.