Tienertoneel sorg vir dramatiese vermaak
Met “Soektog na Genesius” het die Lady Grey Kunste-Akademie, in die pad geval na die jaarlikse ATKV Tienertoneelkompetisie in Bloemfontein. Dit was vanjaar in die Wynand Mouton Teater op die Kovsie Kampus vertoon.

Die leerders van die Lady Grey Kunste-Akademie het hulself goed van hul taak gekwyt. Die groep het ‘n silwer sertifikaat ontvang. Daar was egter ook individue wat die harte van die beoordelaars gesteel het met hul uitnemende vertonings. Caleb Heynes en Jolene Swartz was elk beloon met ‘n silwer sertifikaat. Justin Thompson en Amor Rittles het brons sertifikate ontvang.
Hoërskool Aliwal-Noord ontvang ‘n brons sertifikaat vir die choreografie in hul toneelstuk “Vertoonvenster”, wat deur Marquin Scharneck van die Lady Grey Kunste-Akademie behartig is.
“Die lewe is kuns. Akteur of nie.”