Sing in Harmonie


Lady Grey kunste-akademie neem deel aan “sing in harmonie”

“Sing in Harmonie”, aangebnied deur Kyknet, is tans die grootste skoolkoor kompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan TV blootstelling, pryspakette en die aantal inskrywings.  Dit is die eerste skole koor kompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale TV hulle merk te maak.

Die Konsertkoor van die Lady Grey Kunste-Akademie het hierdie jaar vir die eerste keer aan hierdie opwindende kompetisie deelegeneem en uitstekend gevaar in die adeling vir hoërskoolkore.

Die Oos-Kaap finaal van die kompetisie het op Saterdag, 14 September, in Port Elizabeth plaasgevind, waar nege skole uit die Suid- en Oos-Kaap sake uitgespook het.

Die koor het algeheel derde geïndig en het die trofee ontvang vir die Beste Afrikaanse lied tydens die finaal.

Die proses om deel te neem aan ’n kompetisie van hierdie aard was interessant en baie aangenaam en die koor kan nie wag vir volgende jaar se uitdunrondtes nie!

Sing in Harmonie is reeds vanaf September te sien op Kyknet musiek, kanaal 146 op DSTV.  Hou gerus die program dop om die Lady Grey Konsertkoor in aksie te sien!

Marilena Jordaan (Begeleier), Mariëtte Pitout (Koorleier) em Hendrik Bekker (Skoolhoof) net na die prysuitdeling in Port Elizabeth.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *